Ons het onlangs teruggekeer van ‘n bootreis, met die HollandAmerica groep se Ms Westerdam, wat ons met jou hulp beplan het oor die afgelope jaar.
Vanaf dag een was jou hulp ,voorstelle en inligting absoluut akuraat en volledig. Ons navrae is vinnig en doeltreffend hanteer. Die reelings en besprekings was puik.
Jy is nie net effektief nie maar ook vriendelik, behulpsaam,eerlik en hoogs professioneel.
Na afloop van die toer het jy ons ook 100% bygestaan met versekerings eise. Dankie ook daarvoor.
Dankie vir ‘n wonderlike ervaring. Ons sal jou beslis weer gebruik in die toekoms vir toere want jy is ‘n puik reiskonsultant.
Reisigers groete.
Hein en Hilda Olivier
Ons het ongeveer ‘n jaar gelede van Mirinda gehoor by vriende wat ook van haar dienste gebruik gemaak het.
Ons het ‘n reisagent gesoek om ons te help met die beplanning van ons boottoer.
Van meet af aan het ons heerlik saam met Mirinda gewerk en sy het presies verstaan wat ons wou hê en rerig uit haar pad gegaan van begin tot einde om ons droomvakansie moontlik te maak.
Sy het eerstens verskillende opsies aan ons voorgelê met verskillende pryse en datums en ons het presies gekry op die einde waarvoor ons begroot het.
Sy het geen moeite ontsien om ons te help en met raad en daad bygestaan van visums, registrasie op boot, verblyf in Rome ( en toe ons op Tripadvisor lees van ons hotel wat blykbaar nie so goed was nie) het sy uit haar pad gegaan om ons te help met ‘n nuwe hotel in so n mate dat ons as VIP gaste ontvang is by ons nuwe hotel!!
Ongelukkig het my bagasie verlore geraak op die lughawe en wat ons die meeste beindruk het is dat Mirinda daarvan geweet het in SA terwyl ons nog by die toonbank geskarrel het om alles uitgesorteer te kry. Sy het uit haar pad gegaan om ons te help met die bagasie krisis.
En so kan ek aangaan en aangaan om haar lof te besing. Maar kort en lank is: jy sal ver gaan soek om ‘n meer bekwame en hulpvaardige reisagent as Mirinda te kry.
Ek kan haar aanbeveel vir ‘n ieder en ‘n elk wat graag wil toer.
Tommy en Mariette Olivier – Cruise 2017
ERMELO
Mirinda, thank you so much for your excellent service and effort in finding the best package for my husband and I. We had an unforgettable trip to Mauritius and we will definitely be using your Travel Agency again! Michelle Burger, Sept 2017
We have made a group booking to South America with Mirinda in December/January 2007. She was very knowledgeable regarding the countries visited and could give us a lot of very useful travel advice. The clients were very impressed with the standard of accommodation and other travel arrangements and the efficiency with which the booking was carried out.
Postcard Moments is truly a “one stop travel shop” where we could book everything from accommodation, transfers, day tours, busses , rail and flights. Mirinda – thank you for all the trouble you went to make this booking run smoothly , and I will definitely recommend you for your knowledge and efficiency.