Hein & Anesta Malan – Mauritius
Hi Mirinda,
Nou ja, ons is terug van ons wittebrood af en kan ek amptelik sê dit was fantasties gewees. Alles was perfek en presies wat ons wou gehad het.
Daarvoor wil ek vir jou baie dankie sê vir jou hulp en al die inligting wat jy verskaf het om my te help sodat ek ‘n besluit kon maak. Baie dankie ook vir jou spoedige optrede en terugvoering elke keer, jy was werklik op die bol en het my baie gerus laat voel om sodoende die regte besluit te maak.
Ek sal jou verseker aanbeveel aan my vriende, familie en kennisse met die wete dat jy dieselfde uitstekende diens aan hulle ook sal lewer en sal so ook self in die toekoms weer van jou gebruik maak sou die geleentheid weer opkom.
Ek heg vir jou net so paar foto’s aan van wat ek kan sê die beste vakansie in ons lewens was tot dusver.
Weereens baie dankie vir alles.